Dewald Wasserfall was telke male nommer 1 op plaaslike trefferlyste, maar hy sukkel selfs om sy opgewondenheid weg te steek oor die feit dat sy nuwe CD, “Jy is die Storm,” sommer die eerste dag van vrystelling reguit in die nommer 1 posisie op iTunes ingeskuif het. Dit beteken dat die aanvraag na sy nuwe CD, regoor die land, van so ’n aard was dat dit selfs internasionale kunstenaars se nuutste vrystellings oorskadu het.

Alhoewel aanhangers die CD reeds vir ‘n paar weke vooraf kon bestel op iTunes, is dit eers Vrydag amptelik bekendgestel en het dit dadelik mense gaande gehad. Behalwe vir iTunes, is die album natuurlik ook landwyd beskikbaar in CD-winkels vir mense wat eerder die CD wil koop vir hul versameling. Die eerste treffer is die titelsnit, “Jy is die Storm,” en is reeds besig om radiostasies se trefferparades uit te klim. Boonop word die video ook binnekort vrygestel en sal dit die gewildheid van die album ‘n verdere hupstoot gee.

Bly op hoogte van Dewald se loopbaan en verwikkelinge op twitter by @DewaldWasserfal.

 

Vir meer inligting kontak:

Jenny Griesel
+27 (0) 76 129 9280

Leave Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

clear formSubmit