Johannesburg, Julie 15, 2016 – Suid-Afrikaanse platemaatskappy, Inhoud Huis, kondig ’n nuwe vennootskap aan met een van die wêreld se grootste musiekmaatskappye, Universal Musiek. Hierdie vennootskap maak dit vir Inhoud Huis moontlik om ’n deel te kan wees van ’n groter, globale musiekindustrie en gee dus ook aan die Afrikaanse musiek en talent, ’n groter platform as ooit te vore. Inhoud Huis is gestig deur Johan Vorster, bekend as komponis en vervaardiger. Inhoud Huis se katalogus pronk met baie bekende name soos Bok van Blerk, Karlien van Jaarsveld, Lianie May, Dewald Wasserfall en Leah.

Tydens die ondertekening van die vennootskapsooreenkoms met Universal in Johannesburg op 15 Julie 2016, het Johan Vorster onder andere gesê: ”Ons is baie opgewonde oor die invloed en kennis wat ons ryker geword het met ’n vennoot soos Universal Musiek. Dit kan ons net help om te groei in die vervaardiging van musiek om ’n bestendige voorloper in die industrie te bly.”

Sipho Dlamini wat die besturende direkteur van Universal Musiek Suid-Afrika & Sub-Sahara Afrika is, het gesê: “Die Universal Musiek SA-familie is opgewonde om Inhoud Huis te verwelkom. Johan Vorster is vir dekades ’n baie suksesvolle skrywer en vervaardiger en het met die baie treffers uit sy pen, ’n hele aantal suksesvolle kunstenaars se loopbane gevestig. Ons is opgewonde om deel te kan wees van hierdie platemaatskappy se bydrae in die musiekmark.”

Vir meer informasie, kontak asseblief vir:

INHOUD HUIS MUSIEK
JACOMIEN DE VILLIERS
jacomien@inhoudhuis.co.za

Meer in verband met Inhoud Huis:

Inhoud Huis spesialiseer in die ontwikkeling van Intellektuele Eiendom in verskillende formate. Dit word bestuur deur Johan Vorster, Jacomien de Villiers en Jenny Griesel met jare se ondervinding in hul betrokke velde.
Inhoud Huis is die musiektuiste van ’n aantal besondere suksesvolle kunstenaars soos Karlien van Jaarsveld, Bok van Blerk, Dewald Wasserfall, Lianie May en Leah. Johan is passievol om nuwe talent te ontgin en het ook vir Georic Lomas, wat bekendheid verwerf het in die film, As jy sing, as een van die maatskappy se nuwelinge geteken. Ook Appel (Christoph Kotzé), ‘n gevestigde komponis met treffers soos Sal jy bly (opgeneem deur Theuns Jordaan), en Jo Black en Roan het onlangs deel van Inhoud Huis se kunstenaars geword.

Inhoud Huis is te vind op: Inhoud Huis

Meer omtrent Universal Musiek Group:

Universal Music Group (UMG) is een van die wêreld se voorlopers in musiekvermaak, met ‘n breë spektrum besighede wat verband hou met musiekopnames, musiekuitgewers en oudio-visuele inhoud in meer as 60 lande. UMG beskik nie net oor die mees omvattende katalogus wat strek oor alle genres nie, maar ontwikkel kunstenaars en vervaardig en versprei die mees bekroonde en kommersieël suksesvolste musiek in die wêreld. Toegewyd aan kunstenaarskap, innovering en entrepeneurskap, beskik UMG oor ontwikkelingsdienste, platforms en besigheidsmodelle wat kreatiewe en kommersiële geleenthede in die musiekwêreld will verbreed.

Universal Music Group is ‘n Vivendi maatskappy. Vind meer uit by: Universal Music

Leave Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

clear formSubmit